Nederduitsch Hervormde Kerk

Alberton

Ons kerk se missie:

Ons droom by die Nederduitsch Hervormde Kerk, is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wereld:

Nederduitsch Hervormde Kerk-Viering

Die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus te vier;

Nederduitsch Hervormde Kerk-Gemeenskap

Die gemeenskap van die gelowiges te beoefen;

Nederduitsch Hervormde Kerk-Diens

Diens te lewer, en

Nederduitsch Hervormde Kerk-Getuienis

Getuienis te lewer teenoor alle mense oor die hoop wat in ons leef.

 

Wie is ons?

 

Die NHKA (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) se wortels lê in die Reformasie van die 16de eeu en die Gereformeerde erfenis van ons Nederlandse voorouers wat hulle vanaf die 17de eeu aan die suidpunt van Afrika kom vestig het.

 

Met die Groot Trek van die 1830’s het daar verwydering ontstaan tussen die Kaapse Kerk en die Voortrekkers. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat al meer gemeentes in die binneland gestig is wat los van die Kaapse Kerk gefunksioneer het, en dat predikante uit Nederland beroep is. Die eerste gemeente is in 1842 in Potchefstroom gevestig en die eerste predikant, ds Dirk van der Hoff, is in 1853 daar ontvang en bevestig. Die eerste Algemene Kerkvergadering het in dieselfde jaar in Rustenburg plaasgevind.

 

Ten spyte van terugslae soos ’n mislukte kerkvereniging met die Kaapse Kerk (1885-1886) en die lewensverlies en skade van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), het die Hervormde Kerk bestendig gegroei. Sedert die middel van die 20ste eeu was daar skerp groei sodat die Kerk teen die einde van die eeu amper 200 000 dooplidmate gehad het, versprei oor meer as 300 gemeentes in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Botswana. Weens dalende geboortesyfers, emigrasie en ander faktore het die Kerk se lidmaattal in die afgelope twee dekades weer begin afneem.

Nederduitsch Hervormde Kerk-Kruis

Kontak ons

Anna St, Alberton, Johannesburg, 1449

Phone: 011 869 7007

Eredienstye: 09:00

Besoek gerus om NHKA (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) se webwerf vir meer inligting soos ander Gemeentes, Dagstukkies, Preke, Artikels en vele meer.

Kliek die web skakel om die webwerf te besoek: